In en om die dorp dié naweek
In Krugersdorp is daar altyd iets oor die naweek te doen.
Dié naweek kan jy uitsien na ‘n eenmanopvoering, ‘n musiekoptrede of ‘n paar winskopies los te slaan by die weeklikse straatmark.
Vanaand gaan Frank Opperman ‘n eenmanopvoering, Die klaagliedere van ds Tienie Benade, by Usambara aanbied.
Dit begin om 6.30nm en kaartjies per persoon beloop R250. Dit sluit ‘n smullige driegangmaaltyd in en is ten bate van die Gereformeerde Kerk. Kontak Petrus of Molly Steyn by 082 821 9138 om jou plek te bespreek.
Die Wes-Randse Sakekamer en Toerisme hou ook elke Saterdag ‘n straatmark agter die Krugersdorpse stadsaal van 8vm tot 3nm. Jy kan beslis met ‘n paar winskopies daar wegstap. Kontak Dehlia of Corrie by 011 953 3727 as jy graag meer oor die stalletjies wil uitvind.
Môremiddag gaan die rock-groep Prime Circle by Key West Winkelsentrum vanaf 4nm optree. Kaartjies beloop R150 per persoon en die vertoning vind by die winkelsentrum se amfiteater plaas. Pak vir jou ‘n piekniekmandjie of koop vir jou smullekker wegneemetes by die verskeie winkels in die sentrum.
Ongelukkig word geen drank toegelaat binne die amfiteater nie. Vir verdere besonderhede, besoek Key West se webtuiste by www.keywest.co.za.
Lees ook:
• Kuier saam Tjiff en Tjaff by Key West
