Steve tree op – gratis!
Hierdie geleentheid is weer gratis vir die publiek.
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die Suiderlig-gemeente ‘n top Suid-Afrikaanse sanger op hul verhoog gaan verwelkom as deel van hul jaarlikse kermis.
Hierdie jaar gaan die bekoorlike Steve Hofmeyr die verhoog vuurwarm sing.
Op 27 Mei, vanaf 1nm tot laat, gaan Suiderlig weer heerlik kermis hou op hul kerkterrein op die hoek van Herbert- en Gouldstraat, Krugersdorp-Wes. Almal is genooi.
Daar gaan heerlike eetgoed, soos boereworsrolle, hoendervlerkies en pannekoeke te koop wees.
Kinders gaan ook lekker bederf word met vermaak vanaf 3nm en dan gaan Steve van sy bestes sing.
Hierdie geleentheid is weer gratis vir die publiek en die oogmerk is dat dit die kerk se beste kermis ooit sal wees.
Die geleentheid vind plaas op die hoek van Herbert- en Gouldstraat, Krugersdorp-Wes.
Daar is geen verskoning om hierdie middag van pure vermaak en lekker eet mis te loop nie.
Vir meer besonderhede, skakel vir Annelie by 083 679 2162.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
