Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

[KYK] VF Plus leier sê hulle soek antwoorde

'Die gemeenskap van Krugersdorp soek hulle dorp terug.'

Amanda de Lange, leier van die Vryheidsfront Plus vir die Wes-Rand, het by die Krugersdorpse Landroshof vir Newsjoernalis Marizka Coetzer gesê dat hulle antwoorde vanaf die polisie soek.

“Die gemeenskap van Krugersdorp eis vandag hulle dorp terug,” het De Lange gesê.

De Lange, tesame met talle ander Krugersdorpers is nou by die hof vir die eerste verskyning van die 29-jarige verdagte wat verlede Donderdagaand in hegtenis geneem is in verband met die moorde van drie inwoners.

“Interne probleme in die polisie is besig om hulle fokus van misdaad te skuif. Die mense van die dorp wil hulle veiligheid terug hê, dis hulle grondwetlike reg.”

Anthony Scholefield, Kevin McAlpine en Hanle Lategan is verlede maand grusaam vermoor. Die News is bewus van nog verdagtes wat tans ook deur polisie ondervraag word.

Volg die News se tot-op-die-minuut verslaggewing van hofverrigtinge op Twitter, volg @KrugersdorpNews of volg die hutsetiket (hashtag) #triplemurders.

Lees verder:

[WATCH] Triple murder suspect to appear at 10am

Serial killers on the loose?

‘He was my gentle giant’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button