Editor's choiceLocal newsNews

Tannie Loo se huis kry nuwe lewe

Kwaste het geswaai en verf het gespat terwyl Tannie Loo se huis opgedollie is.

‘n Handjie vol vrywilligers het ‘n 100-jarige inwoner se huis opgekikker met ‘n nuwe laag verf.

Die gelukkige inwoner is niemand anders nie as die geliefde Louisa Mostert, beter bekend as Tannie Loo, wat onlangs haar 100ste verjaarsdag gevier het.

Haar geheim vir ‘n lang lewe is om elke dag tamatie en uie te eet, het Tannie Loo gespot terwyl die verwers fluks haar huis geverf het.

Tannie Loo vertel vir Tiffany Steyn haar geheim vir 'n lang lewe.
Tannie Loo vertel vir Tiffany Steyn haar geheim vir ‘n lang lewe.

‘n Span vrywilligers van die Kokomo Radiostasie asook Sozicept Artist and Event Management en Projek Hoop het oor die naweek by Tannie Loo gaan kuier om haar huis te verf.

Die span het vroegoggend in Tannerstraat gaan aanklop en dadelik aan die werk gespring om haar huis binne en buite te verf. Dit was al amper donker toe die werk eers klaar was.

Die verf is deur ‘n Plascon-handelaar geborg en die harde werk is deur goedhartige vrywilligers gedoen.

“Baie dankie vir almal wat betrokke was en die projek moontlik gemaak het,” het Annette Williams gesĂȘ.

Lees verder:

Tannie Loo is 100 jaar oud!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button