Local news

Wortels wat wens: So maak jy jou inheemse bome gelukkig

Die regte besproeiingsmetode kan inheemse bome help om diep wortels te ontwikkel en beter droogtes te hanteer.

Die 12de uitgawe van die Boombewus-reeks, saamgestel in samewerking met die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika, fokus op die behoorlike besproeiing van inheemse bome.

Volgens Deon van Rensburg, voorsitter van die tak, is diep en stadige besproeiing direk by die wortels die beste metode.

Hy stel voor dat ’n 50mm PVC-pyp tydens plant in die middel van die gat geplaas word, met die bokant wat effens uitsteek. Die pyp kan as ’n water- en voedingskanaal dien, sodat water direk onder die wortels beland. Dit moedig die wortels aan om dieper te groei en kan die boom meer bestand teen droogte maak.

• Lees ook: Van saadjie tot boom: Duncan kweek sy eie bos

Ander doeltreffende metodes sluit ’n sypelslang rondom die wortelbol, ’n 20-liter-emmer met ’n klein gaatjie vir stadige vrystelling van water, of ’n lae gronddammetjie rondom die boom in.

Van Rensburg beveel aan dat bome eerder een of twee keer per week deeglik natgemaak word as om daagliks klein hoeveelhede water te gee. ’n Laag van 5–10cm deklaag, soos blare, bas of houtskaafsels, kan ook help om vog te behou. Die deklaag moet egter weg van die stam gehou word.

Jong bome het veral gedurende hul eerste twee jaar gereelde water nodig, terwyl bome ouer as drie jaar meestal net tydens strawwe droogtes ekstra water benodig.

Hy beklemtoon dat waterbehoeftes van boom tot boom verskil en volgens die boom se natuurlike omgewing en reënval bepaal moet word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button