‘Totsiens, my sonstraal’
Familie en vriende neem afskeid van Cornelle Coetzee.
Vriende en familie gaan vandag hulle laaste eer aan die 24-jarige vrou wat vroeër die maand in ‘n motorongeluk omgekom het, betoon.
Cornelle Coetzee was saam met haar vriend, Rodney Pestana, in ‘n bakkie toe ‘n ander motor vermoedelik ‘n verkeerslig geïgnoreer het en in hulle vasgery het.
Cornelle is dood op die toneel verklaar, terwyl Rodney na ‘n nabye hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Cornelle sal vandag, 19 Augustus, om 12uur die middag by die Volle Evangelie Kerk in Krugersdorp-Wes ter ruste gelê word. Sy laat haar kinders, vriende, familie en haar geliefde moeder na.
“Sy was die sonstraal in my lewe,” het haar ma, Annetjie du Toit aan die News vertel.
Vriende van Cornelle is welkom om die diens by te woon, het Annetjie bevestig.
Verwante artikels:
Accident claims young woman’s life
Woman dies after driver ignores stop street
Woman who dies in crash identified
Young woman dead in bike accident
