Die afgelope 10 jaar maak die Treptow-familie hul geliefde se graf in die Sterkfontein Begraafplaas minstens een keer ‘n maand skoon en plaas vars blomme daarop om dit mooi te hou.
Maar toe Robert Treptow sy seun Francois se graf Maandag, 12 September besoek het, was hy woedend.
“Toe ek daar aankom, kry ek die skokkende prentjie,” het Robert aan die News gesĂȘ.
Leon van Zyl en Robert Treptow by die graf.
Die graf wat tevore met randstene, kunsgras, blomme en ‘n groot blompot vol blomme versier was, was heeltemal vernietig en oopgegrawe.
Hy het onmiddellik kantoor toe gestap en met die sekuriteitswagte gaan praat. Volgens hulle moes ‘n dubbelgraf (F7) op 26 Augustus oopgegrawe word, maar daar het iewers ‘n fout ingesluip en F2 (Francois se graf) is oopgegrawe. Op dieselfde dag is nog ‘n verkeerde graf oopgegrawe.
“Ek gaan minstens een keer ‘n maand graf toe om dit skoon te maak, en ons seuns besoek ook die graf. Hulle kan mos sien dat mense mooi na die graf kyk.”
Robert met die versierings wat van die graf afgegooi is.
Daarna het hy met Punkie Malgas, ‘n lid van Sterkfontein se bestuur gaan praat, en sy het die vinger na Martins Funerals gewys.
Robert, asook die News, het met Ramon Collins van Martin Funerals gepraat.
“Ek vind dit absoluut belaglik dat Sterkfonteindie skuld op my probeer pak. Toe ek en mnr Treptow hulle gekonfronteer het, het hulle die families van die oorledene begin blameer dat hulle glo die verkeerde inligting verskaf het. Dit wil voorkom of dit eenvoudig ‘n kwessie van ontduiking van verantwoordelikheid vir foute is. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om die grafte oop te maak,” het Ramon gesĂȘ.
“Na die gebeure van 26 Augustus het ek besluit om iemand aan te stel wat in al die munisipaliteite wat ons vir begrafnisse gebruik, sal verseker dat die regte grafte oopgemaak word.”
Die News het met Punkie probeer praat, maar sy het geen kommentaar oor die saak gehad nie.
Leon van Zyl van Mogale City se Parkeraad het die graf besoek, en vir Robert belowe dat alles teen volgende Vrydag weer reg sal wees.