Organisasies werk saam om ‘n verskil te maak
‘n Reuse skenking van 300 troospakkies is gemaak.
Die Mogale Upliftment Foundation (MUF) is ‘n plaaslike organisasie sonder winsoogmerk wat bestaande projekte in die gemeenskap ondersteun om selfs ‘n groter verskil te maak.
Die wyse waarop dit gedoen word, is om potensiële hulpbronne met bestaande behoeftes in kontak te bring.
Op inisiatief van MUF het ‘n nuwe verhouding met Matla A Bana en die SABC Foundation onlangs uitgeloop op ‘n reuse skenking van 300 troospakkies aan die plaaslike Eenheid vir Gesinsgeweld, Seksuele Oortredings en Kinderbeskerming van die Krugersdorp Polisie.

Hierdie troospakkies is deur die SABC Foundation geskenk en spesiaal volgens die spesifieke behoeftes van onderskeidelik dogtertjies, seuntjies, vroue en mans verpak.
Verteenwoordigers van al die betrokke organisasies was teenwoordig by die amptelike oorhandiging wat op Vrydag, 16 September by die polisiestasie gedoen is.

Nadat Lizel van Eeden en Lizáhn Oosthuizen, die verteenwoordigers van onderskeidelik Matla A Bana en MUF meer agtergrond oor dié organisasies gegee het, was Iris Cupido, hoof uitvoerende beampte van die SABC Foundation, dadelik entoesiasties om verder by hulle betrokke te raak.
Vir meer inligting oor MUF, kontak gerus vir Lizáhn by lizahn@rantendalprisma.co.za of 011 665 2017. Vir inligting oor Matla A Bana, kontak Lizel by matla@mweb.co.za of 073 171 1031.
Lees verder:
Cycle tour against abuse kicks off on local turf
March to raise awareness against abuse
Teenage pregnancies discussed at Pro Practicum
