Editor's choiceLocal newsNews

Lekker staproete die maand

Die roete begin en eindig op die geskiedkundige Preller-plaas.

Die Krugersdorpse Stapklub beplan ‘n baie lekker staproete vir 8 Oktober wanneer hulle die roete by Peledingwe aanpak.

Hierdie roete is aan die Krokodilrivier in die Broederstroom-omgewing. Dit is boomryk, met slegs oop kolle op die hoë koppies. Die draai van die rivier lê ver onder en die roete bo-op die koppe volg die rivier se kronkels. Dit is ‘n baie lekker roete, ongeveer 10km lank, maar kan plek-plek nogal ruig wees, veral na die reën.

Die roete begin en eindig op die geskiedkundige Preller-plaas, en die ou familiebegraafplaas is een van die besienswaardighede op die terugtog. Die opstal is ‘n nasionale monument, waar die bekende Eugene Marais ook sy laaste jare deurgebring het. Dit is in die 1980’s en 1990’s deur die voormalige Atoomenergiekorporasie gebruik as restaurant waar hooggeplaaste besoekers dikwels onthaal is.

Die huis staan tans leeg, maar daar word gewoonlik ‘n bring-en-braai na die stap daar gehou.

Vir verdere besonderhede oor die klub, kontak gerus vir Lu Ludick by 083 235 1958 of Renaldo Prinsloo by 082 879 8795 of Phillip Olivier by 083 788 4555.

Lees verder:

Stap, stap oor die berge

Heerlike lentestap – kom verfris jou siel

Stap sommer lekker saam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button