Editor's choiceLocal newsNews

Na 60 jaar steeds smoorverlief

"As hy vir 'n ruk nie by my is nie dan roep ek hom en sê 'haai, waar is jy'. Dan antwoord hy; 'ek is net gou in die kombuis'."

In 2006 het die News saam met Martie en Erns Viljoen hul 50ste huweliksherdenking gevier.

Nou, 10 jaar later, het die News weereens die geleentheid gehad om die paartjie se liefde en gesondheid te vier.

Verbaas om te hoor dat hulle nog nooit alleen of sonder mekaar was nie, het die News hulle gevra wat hul geheim vir so ‘n lang huwelik is.

In plaas van die afgesaagde antwoorde soos ‘verdraagsaamheid’ en ‘geduld’, het hulle ‘n baie kragtige antwoord gehad.

“Ek was nog altyd net lief vir hom,” het Martie gesê.

‘n Kort stilte het gevolg voordat Erns sy antwoord gegee het. “Ons kon nog nooit sonder mekaar nie,” het hy gesê.

Vir die afgelope 60 jaar is Erns en Martie onafskeidbaar. Hul geheim is om altyd vir mekaar lief te bly.
Vir die afgelope 60 jaar is Erns en Martie onafskeidbaar. Hul geheim is om altyd vir mekaar lief te bly.

Martie het ook gesê sy en haar man doen absoluut alles saam en wanneer hy nie daar is nie, voel sy dadelik bedruk oor sy afwesigheid.

“As hy vir ‘n ruk nie by my is nie, roep ek hom en sê ‘haai, waar is jy’. Dan antwoord hy; ‘ek is net gou in die kombuis’.”

Martie en Erns is albei in Randfontein gebore en was saam op laerskool. Tot hul bittere spyt het hul na verskillende hoërskole toe gegaan, maar hul paaie het weereens gekruis toe hulle na skool saam trein gery het werk toe.

“Ons het elke dag langs mekaar in die trein gesit en het daar verlief geraak,” het Martie gesê.

“Dit was nie lank nie toe is ons getroud, en ja hier sit ons met mekaar.”

Hulle het saam vyf kinders, 10 kleinkinders, en 14 agterkleinkinders.

Die paartjie het onlangs vir een van hul kinders in die buiteland gaan kuier.

“Dit was ‘n besonderse belewenis en ons kon uiteindelik die wêreld vanuit ‘n ander oogpunt sien,” het Martie gesê.

Martie en Erns stem saam dat hul gesondheid en hul liefde vir mekaar baie meer werd is as die rykste man se skatte.

“Die Oubaas daar bo kyk mooi na ons,” het Martie gesê. “Ons is nog net so verlief soos op ons troudag, en daai verliefdheid en vriendskap sal nooit vervaag nie.”

Die News wens Martie en Erns baie geluk met hul huweliksherdenking wat hulle op 12 Oktober vier.

Lees verder:

Die beste 60 jaar

Paartjie vier 67 jaar saam

Diamantbruilof vir paartjie

Steeds gelukkig getroud na 60 jaar

Getrou aan mekaar al vir 70 jaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button