Editor's choiceLocal newsNews

Hulle is dalk oud, maar glad nie koud

Elke tehuis die geleentheid gehad om hul oorlogskrete uit te voer.

Dis al ‘n tradisie onder die Krugersdorpse tehuise vir bejaarde om een keer per jaar by een van die tehuise bymekaar te kom en dan in verskeie boeresportsoorte mee te ding.

Emmanuel Tehuis se gelukbringer, Philippus Loock.
Emmanuel Tehuis se gelukbringer, Philippus Loock.

Vanjaar is die boeresport by Emmanuel Huis vir Bejaardes gehou en inwoners van die Luipaardsvlei, Moria en Môreglans Tehuise vir Bejaardes, asook verteenwoordigers van die Krugersdorpse Raad vir die Versorging van Bejaardes (KCCA), het dit bygewoon en deelgeneem.

Die dag is begin met gebed en die program is uiteengesit. Daarna het elke huis die geleentheid gehad om hul oorlogskrete uit te voer en -liedere te sing om gees te wys.

Die span van Emmanuel Tehuis.
Die span van Emmanuel Tehuis.

Toe was dit tyd vir die speletjies. Daar was putt-putt, boontjiesakkiegooi, doelgooi, wasgoedmandjiegooi en veerpyle. By elke speletjie het twee beamptes telling gehou en ook gekyk dat alles regverdig verloop. Daar was drie wenners in elke speletjie wat elkeen ‘n prys ontvang het, asook ‘n beker vir die huis met die beste gees, waarvan Emmanuel Huis die wenner vir die tweede agtereenvolgende jaar was.

Tilly Mathye van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ook die sportdag bygewoon en gehelp met die beoordeling van Mnr en Mev Boeresport. Dit is bepaal deur ‘n vinnige modeparade, waarna daar uitdunne gehou is en die wenners, asook eerste en tweede prins en prinses aangewys is.

Mnr en Mev Boeresport, albei van Moria Tehuis, David Dykman en Maxi Saunders.
Mnr en Mev Boeresport, albei van Moria Tehuis, David Dykman en Maxi Saunders.

Die dag is afgesluit met ‘n bord heerlike kos met roomys as nagereg, waarna almal weer na hul onderskeie huise terug is.

Lees verder:

Luipaardsvlei Tehuis talent kompetisie

Dubbele Kersfees bederf vir Môreglans

Old age home enjoys Christmas in July

Valentynsdag-besoek los glimlagte op talle gesigte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button