Editor's choiceLocal newsNews

Oom Skierie is 99

Sy geheim vir so ‘n lang lewe is eenvoudig, "haal asem!"

Oom Skierie Skeurkogel het in September sy 99e verjaarsdag gevier.

Oom Skierie bly al vir die afgelope drie jaar in Breaunanda nadat hy van Hendrina in Mpumalanga af, waar hy sy hele lewe gewoon het, na sy dogter toe getrek het. Daar was ‘n voorval in Hendrina wat hom laat besluit het om te verhuis.

Sy verjaarsdagpartytjie is by die huis gehou en 46 mense het dit bygewoon. Wat dit vir hom die spesiaalste gemaak het, was dat sy suster (wat 102 jaar oud is) ook by die partytjie was.

Oom Skierie het twee dogters, ses kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Sy geheim vir so ‘n lang lewe is eenvoudig, “haal asem!”

Hy het ook vertel dat hy net water drink as daar whiskey in is en dat ‘n mens van dag tot dag in dankbaarheid (teenoor God) moet lewe, te onthou dat dit ‘n voorreg is om kinders te hê, en dat vriende wonderlik is.

Baie geluk Oom Skierie!

Soortgelyke artiekels: 

96-jarige is self verras oor verjaardag

Omgee-kerk vier verjaardag

Oupa word 100 op Nuwejaarsdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button