Editor's choiceLocal newsNews

Bekende skrywer loer by die Rotariërs in

Kom luister gerus na sy praatjie oor hierdie tragiese tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis.

Die bekende skrywer Albert Blake gaan op 25 Oktober die gasspreker by ‘n byeenkoms van die Krugersdorpse Rotariërs wees.

Albert is die skrywer van die top verkoper Boereverraaier wat in die rolprent Verraaiers omskep is.

Sy nuwe boek, Broedertwis, handel oor een oorlog, twee broers en een tragiese twis – die verskriklikste Afrikaner-broederstwis ooit.

Meer as 100 jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word generaal Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het.

In Broedertwis klim Albert as’t ware in die twee broers se koppe. Hy probeer verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar was. Watter rol het geloofsoortuigings, elkeen se eiesoortige karakter, hul vroue en ook oorlogtrauma in hul keuses gespeel? Teenoor die vurige en waaghalsige Christiaan staan sy temperamentele, andersdenkende jonger broer, Piet – die een ‘n spreekwoordelike valk, die ander ‘n duif.

Wie was reg? Christiaan, wat te alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ‘n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Kom luister gerus na sy praatjie oor hierdie tragiese tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis.

Vir navrae en bespreking skakel gerus vir Colin Steyn by 083 633 1715. Die praatjie word om 12.45nm by die Golden Age Village aangebied.

Lees verder:

Rocco bekoor gehoor met musiek en staaltjies

Spectacular piano music at Silverstar

Bekroonde pianis tree hier op – wen sy jongste album

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button