Local newsLocal sportNewsSport

Botaniese Tuin-roete vir stappers

Mens kan met die baie steil trappies tot bo by die waterval uitklim.

Die Krugersdorpse Stapklub bied vir November die roete by die Botaniese Tuin aan.

Op 12 November gaan stappers seker een van die mooiste roetes aanpak. Daar is nie net staproetes nie, maar moontlik die enigste waterval in Suid-Afrika wat besoeker te voet kan bereik.

Die tuine word pragtig in stand gehou en mens kan kruis en dwars op die wandelpaadjies daardeur stap. Die arende se nes kan ook gesien word, en jy kan hulle dophou terwyl hulle sirkel om te land. Stappers stap ook af na die dam toe, waar daar ‘n uitkykpunt is om die voëls dop te hou wat kom water drink, of te kyk hoe die eende sirkels op die water maak. Daar is genoeg wandelpaadjies wat stappers vir ‘n hele rukkie kan besig hou, en mens kan altyd jou dors by die restaurant gaan les.

Mens kan met die baie steil trappies tot bo by die waterval uitklim, van waar die rivier sigbaar is. Vandaar word die lekker steil kop uitgeklim tot bo-op die berg waar ‘n pad die stappers om die koppe terugneem Tuin toe. Hierdie is ‘n matige stap, met net af en toe ‘n uitdaging teen die koppies uit.

Vir meer besonderhede, kontak gerus vir Lu Ludick by 083 235 1958 of Renaldo Prinsloo by 082 879 8795 of Phillip Olivier by 083 788 4555.

Lees verder:

Met dapper en stapper

Heerlike lentestap – kom verfris jou siel

Kom stap saam sê Stapklub

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button