EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Oppieplanke bied Die Butler aan

Die regie word behartig deur die bekroonde skrywer, akteur, sanger en ontwerper, Johan Engelbrecht.

Die Butler is deur die alombekende aktrise en komediant Marion Holm geskep met Corné Stemmet in gedagte. Corné is in werklikheid ‘n opgeleide butler, en dit pas hom dus soos ‘n handskoen.

Die aanslag is humoristies – sy ervaringe binne ‘n verskeidenheid huishoudings – met ‘n baie ernstige ondertoon. Dit is tegelykertyd vermaaklik sowel as pitkos vir die siel. Naas die rol van die butler gee Corné ook gestalte aan sy werkgewers wat uitgebeeld word as gewone mense met gewone swakhede soos luiheid, gierigheid, trots, vraatsug, afguns en wellus. Die Butler word op 28 Oktober by die Roodepoort Theater se Basement aangebied in samewerking met Oppieplanke Produksies. Die regie word behartig deur die bekroonde skrywer, akteur, sanger en ontwerper, Johan Engelbrecht.

Die Butler deel ook ‘n rits wenke met die gehoor.

Corné het ‘n sterk agtergrond in die uitvoerende kunste wat begin het met sy Eisteddfod-dae op laerskool in Montagu en die Logan Toneelfeeste waaraan hy op hoërskool deelgeneem het.

Hy het drama onder leiding van die bekende Milla Louw studeer. Hy behaal sy Lisensiaat Diploma in Drama by die Akademie vir Dramakuns (ADK) in 2007, doen sy televisieopleiding by Brümilda van Rensburg, en sy radio-opleiding by Evert Snyman. Corné het reeds in verskeie uiteenlopende teaterproduksies verskyn soos Die drie van der Walts en As nefie kom kuier. Hy maak sy TV debuut in Egoli – Plek van goud en verskyn in ‘n paar TV-advertensies. Sy stem word ook gereeld gehoor in RSG se radiodramas. Hy gee voltyds klas by die ADK en het sy eie ateljee in Roodepoort.

Corné reeds jare lank betrokke by teateraanbiedinge by Garden World waar kunstenaars soos Wilna Snyman, Lizz Meiring, Dowwe Dolla en Frank Opperman opgetree het, en bied jaarliks Carols by Candlelight in samewerking met Danie Odendaal Produksies en die span van 7de Laan ten bate van die Teaterbystandsfonds aan.

Vir meer inligting oor Die Butler, skakel 083 241 7211 of stuur ‘n epos na oppieplanke@gmail.com.

Verwante artikels:

Mogale Youth Ballet at the Roodepoort Theater

Lizz Meiring vertoning by Garden World

Carols by Candlelight at Garden World

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button