School sport
3 Mullies gekies vir Gauteng Sentraal-krieket
Laerskool Muldersdrif vier die sukses van drie van sy leerders wat vir die Gauteng Sentraal-krieketspanne gekies is.
Drie leerders van Laerskool Muldersdrif het hul skool se naam hoog gehou met hul onlangse krieketprestasies.
Volgens Lindy Phaal, Mullies se bemarker, is Jeorge Pretorius, Lian Abrahamse en Malan Badenhorst onlangs vir die Gauteng Sentraal-krieketspanne gekies.

Jeorge en Lian is in die o13-span opgeneem, terwyl Malan vir die o11-span gekies is.
“Baie geluk, en welgedaan, manne. Ons is vreeslik trots op julle,” het Phaal gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
