Local newsNews

Oproep op gelowiges om ‘Terug kerk toe Sondag’ te ondersteun

"Dit is die aktiewe opsoek sodat gesamentlik uitdrukking gegee kan word aan die deurbreek en koms van God se Koninkryk."

Die ergste droogte in 55 jaar volgens AgriSA, politieke en ekonomiese onsekerhede, opstande, optogte, beskadiging van eiendom en lewensverlies, misdaad en substansafhanklikheid …

“Praat God met ons?” vra die leraars van Prisma Kerk in Rant-en-Dal.

In 2 Kronieke 7:13 en 14 staan, “Soms sal Ek die hemele toesluit sodat daar geen reën val nie, of Ek kan bepaal dat sprinkane julle oeste opvreet, of Ek kan dalk plae onder julle stuur. Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak”.

Volgens die Prisma Kerk is Terug kerk toe Sondag ‘n metafoor vir terugkeer na die Here, sy Woord en wil vir ons lewens omdat ons sy eiendomsvolk is, gekies om sy reddingsdade te verkondig.

Dit is die lewe waartoe gelowiges opgeroep word (1 Petrus 2:9).

“Terug kerk toe Sondag is nie ‘n eenmalige aksie nie maar ‘n Geesgedrewe oortuiging dat gelowiges in Suid-Afrika moet herbesin oor hul prioriteite en moet erken dat hul getuienis mank gaan aan integriteit en deurleefdheid.

“Terug kerk toe Sondag is die eerste tree terug na die Bron van ons bestaan, die God van die Bybel en sy goeie bedoeling vir hierdie wêreld.

“Dit is die aktiewe opsoek van medegelowiges en die verkondiging van God se Woord sodat gesamentlik uitdrukking gegee kan word aan die deurbreek en koms van God se Koninkryk.”

Gemeentes word gevra om –

• hierdie saak by hul lidmate te motiveer

• hulle lidmate aan te moedig om die boodskap op sosiale media te versprei

• die erediens van 20 November aan die hand van bogenoemde teks te rig

• vir die geleentheid en die voortgang daarvan te bid

• hul lidmate te vra om op ToekomsVenster se Facebook-blad dié inisiatief te ‘Like’ en te ‘Share’

Lees verder:

Nuwe naam vir reënboogkerk

Reënboogkerk vier hul nuwe naam

Omgee-kerk vier verjaardag

Die Sewende Dag Adventiste Kerk het geskuif

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button