Ma enigste oorlewende in gru-ongeluk
Sy is tans in 'n Pretoriaanse hospitaal waar sy al talle operasies ondergaan het.
Karen Steyn wat onlangs in ‘n grusame motorongeluk betrokke was wat haar man se lewe asook dié van haar seun Kyle Steyn geëis het, moet ‘n tweede operasie aan haar heup ondergaan. Kyle was ‘n Graad 4-leerling by Laerskool Kenmare.
Die Steyns was glo op pad na die KZN-kus vir ‘n wegbreek toe hulle op 21 Oktober reg van voor met ‘n vragmotor gebots het.

Kyle en sy pa Bertus is op slag dood.
Volgens inligting op ‘n WhatsApp-groep het Karen eergister, 25 Oktober, weer ‘n operasie ondergaan. Sy is tans in ‘n hospitaal in Pretoria waar haar vergruisde voet behandel word.
Die boodskap lui dat rekonstruksiewerk aan haar tone gedoen is en dat daar penne in haar been gesit is. Maar sy moet nog ‘n heupoperasie ondergaan.

Kyle en Bertus se begrafnis sal oor ongeveer twee weke plaasvind, maar ‘n datum is nog nie deurgegee nie.
Meer besonderhede volg sodra dit bekend word.
Lees verder:
‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf
Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk
Trokbestuurder hardloop van ongelukstoneel af weg
Beseerdes herroep ongeluk gebeure
Vriende se dood laat ‘n leemte
