Die Heuwels was fantasties by Key West
Die sangers het tydens die vertoning rondgespring, gesing en gedans terwyl die warm somerson oor Eeufeesdam gesak het.
Jong Heuwels Fantasties-aanhangers het verlede Vrydag, 21 Oktober, hulle harte uitgesing toe die groep vir ‘n uur lank by Key West-inkopiesentrum opgetree het.
‘n Groot gehoor het die inkopiesentrum se amfiteater volgesit en woord vir woord saam met die hoofsanger van die groep gesing.
Bekende liedjies soos Wilder as die Wildtuin en Pille vir Kersfees kon so ver as die hoofingang van die inkopiesentrum gehoor word.
Die musikante het tydens die vertoning rondgespring, gesing en gedans terwyl die warm somerson oor Eeufeesdam gesak het. Buiten die ongelooflike vertoning, is daar ook geleentheid gegee vir die gehoor om die sangers se handtekeninge kry. Elke moontlike voorwerp is daarvoor gebruik.
“Dit was ‘n baie kort, maar baie cool gig en die fans was vol lewe tydens die vertoning,” het Pierre Greeff, lid van die groep gesê.
Die pop-rock groep het daarna vertrek om die volgende dag by Sun City op te tree.
Lees ook:
Prime Circle at Key West Shopping Centre
Key West still closed after destructive storm
Die Heuwels Fantasties – Energetic live performance
