Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSport
Monnas-gholfdag een vir die boeke
Sommiges het die dag ten volle gebruik en selfs in 'n stadium malvalekkers van 'n pen afbeslaan.
Hoërskool Monument se Ondersteuningsklub het onlangs ‘n fondsinsameling gehou om die finansiële tekorte van die skool aan te vul.
Die fondsinsameling – ‘n gholfdag – het met groot sukses op Vrydag, 21 Oktober afgeskop ten spyte van die weer wat aanmekaar gedreig het om die spelers papnat van die Krugersdorp Gholfbaan af te jaag.
Spelers van regoor Gauteng, leerlinge, ouers en selfs personeel het ingeskryf en byna die hele dag die rustigheid van die sport geniet. Al het van die spanne teen 1nm klaar gespeel, het sommiges die dag ten volle gebruik en selfs in ‘n stadium malvalekkers van ‘n pen afgeslaan.
Die skool het 24 vierballe verkoop en die spelers is bedank en beloon tydens ‘n spesiale ete in die klub se konferensiesaal.
Wenners het weggestap met pryse soos elektriese bougereedskap, trofeë, gholfstokke en selfs ‘n trommel vol bier.
Die dag was ‘n groot sukses en die fondse gaan gebruik word om een van Monnas se koshuise op te gradeer.
Lees ook:
Gholfdag gehou om seun (7) te help
[PICS] A swinging success for the CPF
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
