Bobby-koors tref Krugersdorp
Na sy optrede kon opgewonde aanhangers 'n drukkie en 'n handtekening by hulle gunsteling sanger kry.
Key West Winkelsentrum se amfiteater het amper uit sy nate gebars toe honderde Bobby van Jaarsveld-aanhangers onlangs daarop toegesak het.
Die 29-jarige sangsensasie het weer vir sy aanhangers bewys hoekom hy een van SA se top kunstenaars is.

In die warm somerson op Saterdagmiddag, 3 Desember het hy al sy treffers gesing terwyl oud en jonk lekker saamgesing het.
Die aantreklike pa van drie het ook vertel hoe dit deesdae met die verfilming van The Voice Seisoen 2 gaan.
“Ek is geseënd want ek het werk. Baie dankie vir my lojale aanhangers wat dit moontlik maak,” het Bobby gesê.

Hy het ook vertel dat hy en sy sussie, Karlien van Jaarsveld, se realiteitsreeks van 11 Januarie af op die DStv-kanaal VIA gebeeldsend word.
“Dis ‘n reeks waardeur ek en Karlien teruggee aan ons medemens en probeer om ‘n paar mense se lewens te verander.”
Na sy optrede kon opgewonde aanhangers ‘n drukkie en ‘n handtekening by hulle gunsteling sanger kry.
Lees verder:
Key West Carols light up Krugersdorp’s heart
Key West silent robbery shocks shoppers
Die Heuwels was fantasties by Key West
International superstars to headline Key West
