Local sport

Janco se rugbydroom neem hom na Portugal

Van die rugbyveld in Krugersdorp tot ’n internasionale toernooi in Portugal – Janco Bothma het ’n groot geleentheid op hande, maar het hulp nodig om die reis moontlik te maak.

’n Jong rugbyspeler van Rant-en-Dal, Janco Bothma, het die geleentheid gekry om Suid-Afrika op ’n internasionale rugbyverhoog te verteenwoordig, maar het die gemeenskap se hulp nodig om dié droom te verwesenlik.

Volgens sy pa, Charl Bothma, is rugby Janco se groot passie.

Janco is onlangs vir die Golden Lions se o14-sewesspan gekies nadat die o13-span onoorwonne by ’n toernooi by Hoërskool Monument geëindig het. Die span het altesaam 245 punte aangeteken en slegs 24 afgestaan.

Dié prestasie het vir die span ’n uitnodiging na die Junior 7s International Tournament in Lissabon, Portugal, besorg, waar hulle in Februarie volgende jaar teen internasionale spanne van onder meer Nieu-Seeland, Australië, Ierland en Engeland sal meeding.

Charl sê die geleentheid sal Janco waardevolle internasionale ervaring bied en moontlik deure na toekomstige rugby- en akademiese geleenthede oopmaak.

Die reis gaan egter aansienlike koste meebring. Die gesin doen daarom ’n beroep op individue en ondernemings om Janco se droom te help verwesenlik.

’n BackaBuddy-veldtog is begin om die nodige fondse in te samel. Om ’n bydrae te maak, besoek Janco se veldtogblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button