Oujaarsdans vir oud en jonk
Dans die nuwe jaar in by 'n heerlike partytjie.
Het jy nog nie enige planne vir Oujaarsaand nie?
Diamant4 Boeremusiek Mekka bied op Saterdag, 31 Desember ‘n Oujaarsdans by Diamant4 Landgoed in Muldersdrift aan.
Dit gaan ‘n heerlike partytjie vir oud en jonk wees.
Dit begin om 5nm en hou aan tot in 2017!
Bring jou eie verversings en drankies, sjampanje en veral ys saam. Kos sal by die geleentheid te koop wees.
Die koste beloop R75 per persoon en die drag is semi-formeel (geen kortbroeke nie, asseblief).
Verskeie orkeste gaan optree.
Jy kan jou plek by Meisie by mekrit@gmail.com of by Theo van Wyk by 083 645 3931 bespreek.
Lees meer:
Fireworks safety starts at home
What is the legal drinking limit?
