NewsSchools

KYK: Norie groentjiekonsert – ‘n kykie in die toekoms

Hulle het die nuutste giere soos 'dabbing' en die 'mannequin challenge' uitgebeeld en die gehoor deel van die pret gemaak.

Dis weer daardie benoude tyd van die jaar wanneer hoërskole in Krugersdorp hul splinternuwe leerders – die Graad 8’s – verwelkom.

Hoërskool Noordheuwel het hierdie jaar hulle graadaggies Jokers genoem, aangesien ‘n Joker baie belangrik in kaartspel is – dus is Nories se Jokers ook belangrik vir die toekoms van die skool.

Die tema van hulle groentjiekonsert, wat van Maandag 23 Januarie tot Donderdag 26 Januarie in die skoolsaal gehou is, was Karnaval. Die jong akteurs het elke aand voor ‘n vol gehoor opgetree. Die goed vervaardigde toneelstuk het omtrent die gehoor laat skaterlag terwyl hul satiriese dialoë oor die land se regering gehou het. Hulle het die nuutste giere soos dabbing en die mannequin challenge uitgebeeld en die gehoor deel van die pret gemaak deur karakters tussen die stoele deur te stuur.

Hoërskool Noordheuwel se Graad 8's dans tydens hulle groentjiekonsert getitel Karnaval.
Hoërskool Noordheuwel se Graad 8’s dans tydens hulle groentjiekonsert getitel Karnaval.

Sake wat deesdae op almal se lippe is soos die kwaliteit van die polisie en die ouer garde se gesukkel met tegnologie is ook op ‘n speelse manier oorgedra.

“Die storielyn was propvol opwinding, musiek en humor,” het Sonet Guy, woordvoerder van Hoërskool Noordheuwel gesê.

Die Karnaval-meester het sy staf geswaai en so het die Karnaval begin.
Die Karnaval-meester het sy staf geswaai en so het die Karnaval begin.

“Een van die toneelstuk se hoogtepunte was die personeelitem waarin nuwe personeel aan die skool bekendgestel is. Die nuwe onnies was in volle skooluniform geklee en het al laggend op die verhoog gedans.

Die goed geproduseerde toneelstuk het omtrent die skare laat skaterlag terwyl hulle satiriese dialoë oor die land se regering gehou het.
Die goed geproduseerde toneelstuk het omtrent die skare laat skaterlag terwyl hulle satiriese dialoë oor die land se regering gehou het.

Lees meer hier

Konsert ‘n groot sukses

Bejaardes geëer by bederf-geleentheid

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button