Sektor 5 GPF-span keer drie verdagtes aan
Die span het drie verdagtes vasgetrek die afgelope week.
Daar was ‘n onrusbarende aantal huisinbrake die afgelope week in Krugersdorp-Wes.
Cecilia Jansen van Vuuren, die woordvoerder van Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het aan die News vertel dat die GPF-span die afgelope week drie verdagtes in verband met huisinbrake vasgetrek het.
Op Maandag 30 Januarie, het die span op ‘n gewapende huisroof in Van Wykstraat gereageer. Die voorval het ongeveer 5.50nm plaasgevind.
Die plaaslike GPF het flink gereageer en dadelik die strate afgesper om die misdadigers vas te keer wat na bewering te voet gevlug het. Die patrollielede het later twee verdagtes vasgetrek en aan die polisie oorhandig.
Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die goedere wat gesteel is, is terselfdertyd teruggekry en ook aan die polisie oorhandig. Die span bedank graag almal vir hul flink reaksie en bystand om misdaad in Krugersdorp-Wes te voorkom.
Nog ‘n verdagte is in die week in verband met ‘n ander huisinbraak vasgetrek.
Lees meer hier
Vrou slaan inbreker met knopkierie
VIDEO: Vrou wat inbreker met knopkierie slaan by huis
