Kom stap saam op ‘n kaasplaas
Aan die begin word daar langs die rivier en met 'n helling van 138 meter op na die kerk toe gestap.
Die Krugersdorp Stapklub beplan ‘n stap op 8 April by die Van Gaalen Kaasfabriek. Daar is ses roetes op die plaas en hulle gaan die Grieke Kerk-roete stap.
Die roete in die omgewing van Sterkfontein en Hekpoort op pad na Hartbeespoortdam, en is maklik tot redelik maklik. Dit is ongeveer 20km lank en daar is ook ‘n ontsnaproete na 10km.
Aan die begin word daar langs die rivier en met ‘n helling van 138 meter op na die kerk toe gestap.
Lees ook: Stap sommer lekker saam
Die kerk is in 1952 gebou en kyk uit oor die Skeerpoortvallei en die Hartbeespoortdam. Die roete het sy uitdagings met smal brûe en kort endjies op- en afdraandes.
Die Van Gaalen Kaasfabriek maak verskeie soorte kaas. Daar is ‘n restaurant waar ‘n ietsie geëet kan word en ‘n groot verskeidenheid kase en konfyte word te koop aangebied.
Lees ook: Stap, stap oor die bêrge
Diegene wat wil saamstap word versoek om om 6.30vm by Heritage Square (Food Lover’s Market) in Krugersdorp-Nood bymekaar te kom.
Skakel gerus vir Ronaldo by 082 879 8795, Theresa by 083 499 5678 of Lu by 083 235 1958 vir verdere besonderhede.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
