Trane toe weerlose bejaardes bederf word
Sommige van die inwoners het selfs trane in hulle oë gehad nadat die items aan hulle uitgedeel is.
Die winter sal binnekort sy verskyning maak en die dorp se weerlose bejaardes gaan swaarkry, maar gelukkig is daar instansies wat dit vir hulle draagliker wil maak.
Die Maak ‘n verskil-groep is daargestel om dié winter mense te help wat swaarkry. Die groep se hoofdoel is om die gemeenskap bewus te maak van die omstandighede waarin bejaardes hulself bevind en kies elke jaar ‘n ander tehuis om te help.Die groep fokus daarop om tuisgemaakte komberse asook mussies, bedsokkies en serpe vir minderbevoorregte bejaarde lede van die gemeenskap te gee.

Die groep het die meer as 60 inwoners van die Jack Cotton-staatstehuis in Krugersdorp-Wes die afgelope naweek met verskeie items bederf. Die lede wat betrokke was by die projek het ook die dag gesorg vir lekkernye en iets om te drink. “Ons voel baie bederf met al hierdie mooi serpe en komberse,” het inwoner Lydia Phakatha gesê.
Sommige van die inwoners het trane in hul oë gehad toe die items aan hulle uitgedeel is.

Volgens Hannetjie Holtzhausen, wat die groep en projek gestig het, het die gemeenskap ‘n groot rol gespeel in die sukses daarvan.
“Die NG Kerk Monument het hierdie jaar ook ‘n groot bydrae tot die projek gelewer,” het Hannetjie gesê.
Die groep is tans besig om ander organisasies te identifiseer wat hulle kan wil help en wil graag in die toekoms op ‘n groter skaal ‘n verskil maak.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
