Local newsNews

Ouma en oupa sit nie net op die stoep nie!

Paasmusiek het 'n nuwe baadjie aangetrek.

‘n Groep inwoners van die Panorama Landgoed Aftreeoord in Krugersdorp het onlangs ‘n klankryke en kleurvolle Paasopvoering op die planke gebring.

Die oord se eie Sang-ensemble het vir hulle Paasopvoering hande gevat met Hoërskool Monument se Musieksentrum. Paasmusiek het ‘n nuwe baadjie aangetrek met ‘n kombinasie van ou en moderne klanke.

‘n Lofdansgroep, waarvan al die dansers bo 70 was, was ook ‘n belewenis. Hul mimiek by die Kruistoneel het menige toeskouer laat trane afvee. Die hoogtepunt van die opvoering was die bediening van die nagmaal.

Die lede tydens hulle lofsang.

Ds Jannie Pelser en die Panorama Welwillendheidsgroep het op dié manier gesorg vir ‘n innige herdenking van die dood van Jesus. Jannie het egter beklemtoon dat die Kruis nie die einde is nie, maar wel die begin van ‘n nuwe lewe.

“Ek is besonder trots op die verskillende aktiwiteite waarby die lede in die oord betrokke is,” het die bestuurder van die oord, Amanda Venter gesê.

‘n Inwoner het aan die News vertel dat Amanda ‘n groot inspirasie vir die bejaardes is en dat sy hulle altyd aanmoedig om so aktief as moontlik te wees.

“Sy hou niks van stoepsit vir bejaardes nie,” het sy laggend gesê.

Die Panorama Sang-ensemble hoop om in Oktober weer hul vrolike Lentekonsert aan te bied waaraan hulle reg deur die winter flink sal oefen.

Lees verder:

Familiedag by Môreglans

Poeding hou 95-jarige springlewendig

Fees gehou om 20 jaar se bestaan te vier

[FOTO’s] Pret ken g’n ouderdom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button