Local newsNews

Harley wag steeds vir haar familie

Harley is vermoedelik deur ‘n motor raakgery. Haar een agterbeen is op drie plekke gebreek.

Harley, ‘n weeshond, is nog nie opgeëis nie.

‘n Inwoner van Lewisham het Harley, wat vermoedelik tussen een en twee jaar oud is, op 16 Maart roerloos voor haar hek gekry. Sy het haar toe na die Silverfields Dierekliniek geneem waar sy tans die nodige behandeling kry.

Lees ook: Harley kry ‘n tweede kans

Al Harley se tone is gebreek en haar agterbeen is op drie plekke gebreek.

Harley is vermoedelik deur ‘n motor raakgery. Haar een agterbeen is op drie plekke gebreek. Al haar tone is ook gebreek.

Die kliniek het Harley op hul hande gedra en haar die nodige behandeling gegee. Ten spyte daarvan dat die News Harley se verhaal vertel het, het niemand nog na vore gekom om haar te eis nie.

“Ons het nog geen skenkings vir Harley ontvang nie,” het kliniekontvangsdame Emma Oosthuizen gesê.

Volgens die kliniek het haar wonde goed genees, maar sy moet die volgende twee weke nog goed dopgehou word. Daarna sal sy reg wees om na haar toekomstige familie toe te gaan.

Sien video hier:

Die kliniek doen ‘n beroep op die publiek vir donasies of selfs ‘n besoek aan Harley. Sy sal binnekort aangeneem kan word. Die kliniek sal haar steriliseer en streng aannemingsprosedures sal gevolg word.

Skenkings kan inbetaal word in die tjekrekening van Silverfields Veterinary Clinic, rekeningnommer: 624 513 592 04; takkode: Florida 250141 met die verwysing ‘Harley’. Die kliniek kan ook by 011 955 4338 gekontak word.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button