Jy kan ook emmers vol liefde gee
Die organisasie kan egter nie so effektief funksioneer en so 'n groot impak maak soos hulle graag wil sonder jou hulp nie.
Emmers Vol Liefde is ’n liefdadigheidsorganisaie wat daarna streef om die nood onder behoeftiges in Krugersdorp te verlig.
Die organisasie is alreeds by 30 gesinne betrokke. Hulle help ook op ‘n gereelde basis 104 bejaardes met kos, klere, beddegoed en soms ook meubels.
Lees ook: Sakke vol klere en emmers vol liefde

Die organisasie voorsien tans twee kleuterskole van kos, speelgoed, boeke en skryfbehoeftes. Hulle is ook betrokke by ‘n sopkombuis en verleen hulp by twee plakkerskampe in Krugersdorp. Die organisasie wil nie net gee nie, maar die lede wil graag betrokke raak by die mense in die gemeenskap.
Emmers Vol Liefde kan egter nie so effektief funksioneer en so ‘n groot impak maak soos hulle graag wil sonder die publiek se hulp nie.
By die Jack Cotton-staatstehuis in Krugersdorp is ’n breiprojek begin waar inwoners fluks brei en hekel. Die tehuis se pragtige produkte gaan op Dinsdag, 16 Mei tydens ‘n damesdag wat saamval met ‘n gholfdag by die Krugersdorp Gholfklub verkoop word.
Lees ook: Bejaardes ontvang emmers vol liefde

Gaste sal die pragtige sang van Vicky-Ann Serfontein kan geniet en inkopies doen terwyl groot pryse vir die gholfspelers op die spel sal wees.
Enige donasies in onder meer die vorm wat voedsel, klere, wol, meubels en komberse kan dié dag by die gholfklub afgelewer word.
“Enige donasies sal opreg waardeer word,” het Aret le Roux van die organisasie gesê.
Vir meer inligting kan Betsie Stokes by 082 684 9974 gekontak word.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
