Local newsNews

Baie dankie Kayo Bazaar!

Die News wil graag vir Fatima en haar span by die winkel vreeslik dankie sê vir die ongelooflike ruim donasie.

Kayo Bazaar het die News se oproep om hulp gehoor en drie bokse en ‘n swartsak vol wol vir die Hande vat vir Liefde-projek geskenk.

Die News tesame met die Amandel Aksie-groep van die Suiderlig Gemeente het onlangs ‘n breiprojek van stapel gestuur. Die gemeenskap is om hulp gevra en die vrygewige eienaars van Kayo Bazaar het ‘n helpende hand na die projek toe uitgereik.

Kayo Bazaar-werknemers Khatija Kara, Zeenat Mayet saam met News-redakteur Janine Viljoen en Godfrey Ranolang by al die wol wat die onderneming geskenk het.

Die breiprojek is geloods om hierdie winter Krugersdorp se weerloses teen die koue te beskerm. Die vroue van die Amandel Aksie vra spesifiek vir wol wat hulle kan gebruik op blokke mee te brei, maar die publiek kan gerus saam brei en die blokke aan hulle skenk sodat hulle komberse daarvan kan maak.

Mens kan ook plastieksakke en polar fleece-materiaal skenk. Hierdie sakke en materiaal sal gebruik word om knoopkomberse of matte te maak wat vir diereskuilings geskenk sal word sodat die dorp se vierpotiges nie hierdie winter op koue sementvloere hoef te slaap nie.

Kayo Bazaar-werknemers Zeenat Mayet en Khatija Kara saam met News-redakteur Janine Viljoen by al die wol wat die onderneming geskenk het.

Die News wil graag vir Fatima en haar span by die winkel vreeslik dankie sê vir die ongelooflike ruim donasie.

Kayo Bazaar is by Kommissarisstraat 27 in Krugersdorp se sentrale sakegebied.

Vir meer inligting oor die projek, skakel News-redakteur Janine Viljoen by 011 955 1130.

Lees verder:

Projek Hande vat vir Liefde wil minderbevoorregtes help warm bly

Project to help keep the less fortunate warm this coming winter

Suiderlig se bejaardes word bederf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button