Perde bring genesing
Die span hou gereeld werkswinkels wat beloof om mense se siening van die lewe te verander.
Perde en kuns – ‘n kombinasie soos min.
Yolanda Steyn en Alida Aucamp van Western Riding Academy leef hul droom uit deur werkswinkels aan te bied waar hulle hul kennis en ondervinding van en liefde vir perde met kuns kombineer. Hulle vertel van hul eie lewenservaring om ander mense te seën.
Lees ook: Soos die voortrekkers, 600km op perde
In hierdie interaktiewe werkswinkels word perde en kuns gebruik om ‘n mens weer in voeling te bring met jou emosies, menswees en jou Goddelike doel op aarde.
Yolanda werk al meer as 16 jaar met perde en sy het besef dat hierdie groot, majestueuse diere die wonderlike vermoë het om op ‘n emosionele en spirituele vlak by mense aanklank te vind om sodoende balans, harmonie en heling te bewerkstellig.
Tien dames het onlangs ‘n werkswinkel by Oppistal bygewoon. Die tema was ‘God het my gekies’. Die dames het vars kruie in die tuin gepluk en gebruik in die sessies met die perde. Na middagete het hulle die geleentheid gekry om laventellemonade en seep met die kruie en olies te maak.
“Die terugvoering was ongelooflik positief. Dit was ‘n ontspanne, spirituele en helende ervaring in ‘n pragtige en rustige omgewing,” het Yolanda gesê.

Die span hou gereeld werkswinkels wat beloof om mense se siening van die lewe te verander. Die werkswinkels bestaan uit twee sessies. Die eerste sessie behels die interaksie met die perde waar ‘n spesifieke perd ‘n persoon sal kies en daardie persoon dan die geleentheid kry om tyd saam met die perd te spandeer. Yolanda gee dan vir die persoon ‘n boodskap wat spesifiek vir hom of haar bedoel is. In die tweede sessie kry die kunsaspek aandag en sluit aan by die spesifieke tema van die dag.
Om vir die volgende werkswinkel op Saterdag 13 Mei te registreer, kontak vir Yolanda Steyn by 082 829 9003 of yolanda@healinghorses.co.za. Alida Aucamp kan ook gekontak word by 083 478 0597 of alida@healinghorses.co.za.
Daar is net plek vir 10 persone by die werkswinkel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
