Editor's choiceLocal newsNews

Al die inligting vir die Hande vat vir Liefde-werkswinkel

Dit is wat jy die dag moet saambring.

Die koue aande en oggende het ons behoorlik ontkant betrap en die wind sny diep deur die dun klere van die dorp se kwesbares.

Die News, Die Amandel Aksie en Shelbe Pretorius het onlangs met ‘n kombersprojek met die titel Hande vat vir Liefde begin en beoog om dié wat in die winter die swaarste kry, te help om warm te bly.

Lees ook: Project to help keep less fortunate warm this winter

Foto: Pixabay.

Baie mense het nie die voorreg om in die winter in ‘n warm bed onder ‘n warm kombers aan die slaap te raak nie. Diere in skuilings is ook soms vergete en moet snags in koue hokke op sementvloere slaap.

As deel van die projek gaan ‘n werkswinkel aangebied word waartydens die tegniek om ‘n knoopkombers te maak, gedemonstreer gaan word. Dit is ‘n besonderse kombers wat van polar fleece, of enige ander dik materiaal gemaak word. Die hele gemeenskap word uitgenooi om op 6 Mei die werkswinkel by te woon wat beloof om groot pret te wees.

Lees ook: Baie dankie Kayo Bazaar!

‘n Voorbeeld van ‘n knoopkombers wat tydens die werkswinkel gemaak gaan word.

Dit word by die Suiderlig Kerk aangebied word. Die kerk is op die hoek van Gould- en Herbertstraat in Krugersdorp-Wes. Die verrigtinge skop om 10vm af.

Wat moet ek saambring?

• Twee 1,5m-stukke polar fleece materiaal (of enige ander dik materiaal), of een 3m-stuk

• ‘n Skêr

• Spelde

• ‘n Naald

• Lostrekker

• Liniaal

• Stukkie seep

Die komberse wat by die werkswinkel gemaak word, sal as jou skenking vir die projek beskou word.

Die gemeenskap word ook gevra om enige wol, polar fleece, enige komberse (oud of nuut) of kontant (indien moontlik) te skenk vir die projek.

Persone wat graag die werkswinkel by wil bywoon moet vir joernalis Nadine Maré laat weet. Stuur vir haar ‘n epos na nadinem@caxton.co.za of stuur ‘n boodskap na 083 959 4906 voor of op 4 Mei.

Kom word gerus deel van die verandering wat jy in jou dorp wil sien.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button