Groot boeresportdag by tehuis
Kom deel ‘n familiekuierdag saam met die span van die SAVF.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) bied op 6 Mei ‘n groot boeresport- en familiekuierfees aan.
Bring jou hele familie, kinders en vriende vir ‘n onvergeetlike dag by Môreglans Tehuis by Markstraat 77, Krugersdorp.
Kom geniet heerlike, stomende kerrie-en-rys, lip-aflek-lekker pannekoek, yskoue koeldranke en verfrissende jellie en vla. Daar gaan ook ‘n teetuin met lekker koffie en tee wees.
Vir die kinders is daar gesigverf, springkastele, lekkergoedskattejag en boeresport.
Vir die mammas en pappas, oumas en oupas is daar toutrek, kroket en jukskei.
Kom deel ‘n familiekuierdag saam met die span van die SAVF.
Die fondse wat gegenereer word gaan vir SAVF Jubileum Dagsorg en Môreglans Tehuis.
Jubileum Dagsorg, in Krugersdorp-Noord, is ‘n dagsorg wat ‘n passie het vir kinders en hulle op ‘n speelse manier gereedmaak vir hul skoolloopbaan.
Kom kuier en vier fees saam met die SAVF en help om ‘n verskil te maak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
