Local newsNews

MyFamily! is hier om ‘n verskil te maak

Die organisasie wil graag met persone kontak maak wat in nood verkeer, en met dié wat hulp verleen.

Om ‘n verskil te maak is vir dié organisasie eerste prioriteit.

MyFamily! is ‘n splinternuwe organisasie wat die gemeenskap se belange op die hart dra. Hulle het aan die begin van 2017 hulle deure oopgemaak en is ook onlangs geregistreer as ‘n niewinsgewende organisasie. Die organisasie is deur gemeenskapslid Wayne Muller gevestig, wat ‘n passie het om ‘n verskil te maak en om ander te help – minderbevoorregtes, kinders, bejaardes en persone wat is nood is. Hulle het ook groot toekomsdrome wat sielkundige dienste en Bybelstudie insluit.

Die organisasie wil graag met persone kontak maak wat in nood verkeer, en met dié wat hulp verleen. Omdat hulle ‘n niewinsgewende organisasie is, het hulle die publiek en ander organisasies se hulp nodig om suksesvol te kan wees.

Hulle beoog ook om binnekort hulle eie gebou te hê waarvandaan hulle al hulle dienste kan bied.

Persone wat ‘n skenking vir die goeie doel wil maak, kan Wayne by 081 754 0662 skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button