GPF verseker dat kleuters nie koud kry nie
Die kleuterskool het komberse, klere, kos, doeke en speelgoed gekry wat goedhartiges geskenk het.
Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 5 het op Vrydag, 30 Junie die Mommy Bear-kleuterskool in Tarlton besoek om die kleuters ‘n bietjie te bederf. Die skool is een van hulle liefdadigheidsprojekte wat hulle tans behartig.
Die GPF het besef dat daar ‘n behoefte aan verskeie belangrike items is en besluit om die gemeenskap vir hulp te vra.
Die grootste behoefte was aan komberse, klere, kos, doeke en speelgoed en dit is wat hulle ingesamel het.

Foto: Ingestuur.
Hulle het die skenkings by die skool gaan aflaai en die kleuters het gesprankel van blydskap.
Die patrolleerders het ook hul eie kinders saamgeneem waar hulle nuwe maatjies gemaak het.
Die GPF bedank elke persoon wat by hierdie spesiale dag betrokke was.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
