Lekkers en tjokkies vir die bejaardes
"Ons het opnuut hul waardering, warmte en liefde ervaar."
Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 5 in Krugersdorp het onlangs ‘n groot uitreikaksie na bejaardes in die dorp geloods.
Die GPF het die gemeenskap gevra om lekkergoed te skenk en die sektor het uiteindelik 300 pakkies lekkergoed vir die bejaardes ingesamel.

Foto: Ingestuur
Vier bakkies vol patrolleerders het saam met die lekkergoed by die bejaardes aangekom, waarna daar lekker gekuier is.
Die patrolleerders het ook tehuise in hulle sektor besoek en ‘n draai by die staatstehuise Jack Cotton, President, Van Riebeeck
Memorial, en vele ander gemaak.
“Ons is geneig om in ons gejaagde lewens deesdae so gou van ons bejaardes te vergeet ,” het Cecilia Jansen van Vuuren, woordvoerder van die GPF gesê. “Ons het opnuut hul waardering, warmte en liefde ervaar.”

Foto: Ingestuur
Die GPF-bestuur bedank graag hul patrolleerders en so ook elke kind wat gehelp het deur tyd saam met die kosbare bejaardes te spandeer en hulle so te bederf.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
