Editor's choiceLocal newsNews

“Ons gaan jou ‘heavy’ mis, Oupa Hannes”

Volgens Heinrich, familiewoordvoerder het oorlede Oupa Hannes altyd alles beklemtoon met 'heavy', en hulle gaan dit mis.

Op Vrydag, 7 Julie moes talle vriende, familie en die Van der Walt-nasate hul geliefde oupa Hannes groet.

Volgens Heinrich de Jager, familiewoordvoerder, het Hannes op 52-jarige ouderdom in sy slaap gesterf weens natuurlike oorsake.

Hy was ‘n pa vir almal en bekend as oupa vir baie, het Heinrich vertel. Hy sal altyd onthou word vir sy humorsin, raad en vriendelikheid.

“Oupa Hannes kon ‘n mens altyd laat lag, en hy het sy bes gedoen om jou op te kikker,” het Heinrich vertel.

Een van sy gunsteling stokperdjies was om lugskoue by te woon – nie om self deel te neem nie, maar om die vertoning te geniet.

Heinrich glo dat Oupa Hannes sy laaste aand op aarde geniet het omdat hy op sy vrou se verjaarsdag nog lekker saam met al sy kinders, kleinkinders, familie en vriende kon kuier en dans.

Hannes het ook diep spore in Caxton getrap aangesien hy vir ongeveer 25 jaar deel was van die Caxton-familie.

Sy vrou Hester en drie kinders, Angelique, Jeremy en Edric dra graag die volgende aan Oupa Hannes op:

‘n Eggenoot, pa, oupa en vriend duisend.

Jy was altyd reg om te help en met ‘n grap kon jy die dag opkikker.

Dit is met groot hartseer dat ons jou moet groet, maar weet dat daar altyd ‘n plekkie vir jou in ons harte sal wees.

Jy sal vir altyd onthou word en vreeslik gemis word.

Dankie vir al die liefde,omgee, ondersteuning en goeie tye. Met tonne liefde. Jou vrou Hester en kinders Angelique, Jeremy en Edric.

Sy begrafnis vind op Vrydag 14 Julie om 10vm by die Volle Evangelie Kerk op die hoek van Fisherstraat en Herbertlaan in Krugersdorp-Wes plaas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button