Editor's choiceLocal newsNews

Winterskersfees vir minderbevoorregte bejaardes

In die gees van Mandeladag het dié spul bejaardes sommer lekker saam geëet, gesing en gelag.

Op Vrydag, 14 Julie het Deo Gloria Huis – ‘n nie-winsgewende organisasie wat kos versprei aan minderbevoorregte bejaardes en kinders – die dag saam met ongeveer 20 minderbevoorregte bejaardes geniet toe hul vir die tweede opeenvolgende jaar Kersfees in Julie gehou het.

Ronnie Brits is dankbaar vir sy bord kos. Foto: Alanicka Lotriet.

In die gees van Mandeladag, wat op 18 Julie plaasvind, het dié spul bejaardes sommer lekker saam geëet, gesing en gelag. Deur die loop van die dag is heerlike sop, vetkoek en maalvleis asook kolwyntjies uitgedeel aan almal wat deel was van die geleentheid.

Hulle het ook lekker saam gesing en dans toe sanger Anthony Vice die saal met tydlose gunstelinge gevul het.

“Dis altyd vir ons ‘n voorreg om ons pensionarisse te kan help en om te kan sien hoe hulle smul aan die eetgoed wat ons vir hulle voorberei het,” het Christa le Roux, stigter van Deo Gloria Huis vertel.

Kersfees in Julie is slegs een van Deo Gloria Huis se jaarlikse projekte. Hulle hou ook graag jaarlikse Terug-skool-toe, Winter, Paasfees, Lentedag en Kersfees projekte waarby minderbevoorregte bejaardes en kinders baat vind.

“Ons is dankbaar vir dié wat die dag saam met ons geniet het, en ons sien sommer baie uit na ons volgende geleentheid saam,” het Christa gesê.

Mavis Pitzer en Meisie Botha sien uit na hul vetkoek en sop. Foto: Alanicka Lotriet.

Op Mandeladag beoog Christa en haar span om ongeveer 500 kospakkies uit te deel aan minderbevoorregte kinders in die Munsieville omgewing.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button