Local newsNews

67 pare kousies vir voetjies in Wessies

"Dit was vir my 'n groot avontuur en terugblik op die kinders se lewens om weer deur die kinderafdeling te stap om die kousies te kry."

‘n Barmhartige Randfonteiner het onlangs gehoor dat kouse die item is wat die gemeenskap die minste skenk wanneer hulle klere aan ‘n liefdadigheidsorganisasie gee.

Nikita Stapelberg trek haar splinternuwe kousies aan.

Daarom het Petro Pindral, ‘n besigheidsvrou, besluit dat sy vanjaar 67 pare kouse vir die kinders van die Mug and Tree Sorgsentrum gaan skenk om seker te maak dié piepklein voetjies kry nie koud in die winter nie.

“My kinders is almal al groot en sorg meestal vir hulself,” het Petro gesê. “Dit was vir my ‘n groot avontuur en terugblik op die kinders se lewens om weer deur die kinderafdeling te stap om die kousies te kry. Die groot verskeidenheid kleure wat beskikbaar is, is vreeslik oulik om te sien en om vir die seuntjies en dogtertjies van Krugersdorp spesiaal elkeen ‘n paar te kies.”

Petro Pindral trek vir Nikita Stapelberg, ‘n driejarige van Krugersdorp-Wes nuwe kousies by haar skoene aan terwyl Trudie Naudé, raadslid van Wyk 38 help.

Daar was onder andere pienkes met jakkalsgesiggies op, en bloues met ruimtemannetjies – alles net vir die kinders.

Die getal pare kousies wat Petro gekies het, het verband gehou met Mandela-dag waartydens gemeenskapslede gevra is om 67 minute af te staan om ander te help.

Trudie Naudé, raadslid vir Wyk 38 (Krugersdorp-Wes) was bitter bly oor die donasie aangesien sy weet dat party van die kinders waarna sy omsien sonder kouse by die sopkombuis aankom.

“Die winter is een van die koudstes nog,” het Trudie gesê. “Dis vir my wonderlik om te sien dat mense steeds aan kindertjies ook dink.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button