Hope for the Future spandeer 67 minute by bejaardes
"Ons is selfs bederf met dankbare drukkies en soentjies van die bejaardes."
Hope for the Future, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat uit twee barmhartige vroue bestaan, het hul 67 minute vir Mandeladag by die Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes spandeer.

Madré Botha en Yolandi Coetzee-Pestana, stigters van die organisasie, het weke voor die geleentheid al begin serpe, toiletware en komberse bymekaar maak.

Toe, op 18 Julie is tafels in ‘n saal gedek en met lekkernye het hulle meer as 100 bejaardes bederf.
Eers het pastoor Jakes Joubert ‘n boodskap gebring en ‘n seëngebed gedoen, en vir die bejaardes vertel dat hulle nooit sonder God is nie. Daarna het hulle koek en tee – wat deur Checkers geborg is – geniet.
Hulle het ook elkeen ‘n badsakkie met parfuumseep, lipsalf, ‘n waslappie en ‘n lekkerruikdingetjie daarin ontvang.

Een van die inwoners was so gelukkig en dankbaar dat sy ‘n liedjie op die klavier gespeel het. Die bejaardes het saam gelag, gedans en gekuier.
“Ons is selfs bederf met dankbare drukkies en soentjies van die bejaardes,” het Yolandi gesê. “Ons het regtig baie welkom gevoel en sal hulle graag weer will besoek.”
Hope for the Future bedank die gemeenskap en almal wat hul harte oopgemaak het. Hulle het ook gevra dat enigeen wat items wil skenk hulle by 062 748 4657 sal skakel. Enigiets is welkom.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
