Editor's choiceLocal newsNews

Voormalige Nories-leerder sterf toe kar rol in Potch

“AJ … die naam sê alles. Kort en kragtig, net soos sy lewe was.”

Die lewe van ‘n voormalige Hoërskool Noordheuwel-leerder is onlangs kortgeknip toe sy motor in Piet Bosmanstraat in Potchefstroom omgeslaan en vermoedelik verskeie kere gerol het.

AJ (André Johann) Ayres, 20, wat ten tye van sy dood ‘n tweedejaar Puk-student was, is op Donderdag, 6 Julie, tragies oorlede.

Die toneel waar AJ langs sy motor gevind is. Foto: ER24.

Volgens ER24-woordvoerder, Russel Meiring, is paramedici omstreeks 3vm na die toneel waar hulle AJ dood op die grond langs sy motor aangetref het. Volgens die Potchefstroom Herald het nog ‘n Puk-student, Megan Pistorius, 21, wat saam met AJ in die motor was, glo haar heup in die ongeluk gebreek en is in Mediclinic Potchefstroom opgeneem.

AJ het BSc Mikrobiologie en Biochemie (Plant- en Dierkunde) studeer en was ‘n inwoner van Villagers-manskoshuis.

“AJ het graag motorfiets gery, lekker kos gemaak, sy vriende onthaal en kon lekker laf wees. Hy was ‘n verligte wese wat gestuur is as leermeester. Hy is deur verskeie mense as hul held beskryf,” het sy suster, Elzandré van der Walt vertel.

Volgens haar het hy harte verander en lewens gered. AJ sal onthou word as ‘n terggees wat altyd ‘n glimlag of ‘n ‘stoute fronsie’ op sy gesig gehad het.

AJ se vriendin van ‘n jaar en vier maande, Lizaan Pitout, het gesê dat AJ ‘n pragtige mens was en dat hy enige iets sou doen vir die mense wat hy liefgehad het.

AJ word oorleef deur sy ma, Margariet, pa André, suster Elzandré Ayres van der Walt, vriendin Lizaan, swaer Chris van der Walt en die Denner- en Pitout-familie.

Sy roudiens is Woensdag 12 Julie in die Nederduitsch Hervormde Kerk Culembeeck waargeneem deur ds Annerie Conradie, wat hom destyds gedoop het.

Lees die Pothefstroom Herald Artikel hier

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button