Editor's choiceLocal newsNews

Hoor hoor vir gehoorapparate

Dit was Luipaardsvlei Tehuis se beurt toe ses behoeftige vroue as deel van Vrouemaand met apparate toerus kon word.

Die voorreg om duidelik te kan hoor word baie maal as vanselfsprekend aanvaar. Sommiges het al vergeet hoe dit voel om vyf gesonde sintuie te hê.

Dis waarom plaaslike oudioloog, Anzil van Jaarsveld van Hearcare met die inisiatief vorendag gekom het om uit te reik na diegene wat ‘n gehoorapparaat nodig het, maar nie kan bekostig nie.

Anzil van Jaarsveld help Hester van der Merwe om weer duidelik te hoor. Foto: Alanicka Lotriet.

Sy is tans aktief betrokke by ongeveer tien tehuise waar sy gereeld gehoortoetse doen, inwoners se gehoorapparate herstel en skoonmaak, asook apparate skenk waar sy kan.

Op Dinsdag, 22 Augustus was dit Luipaardsvlei Tehuis se beurt toe sy ses behoeftige vroue as deel van Vrouemaand met apparate kon toerus. Die inwoners vroeër vanjaar met die oog op Moedersdag gratis gehoortoetse ontvang.

“Solank ons ‘n verskil kan maak waar ons kan, is ons gelukkig. Dis regtig lekker om te sien watse groot verskil so ‘n klein apparaatjie kan maak,” het Anzil vertel.

Anzil van Jaarsveld help Hester van der Merwe om weer duidelik te hoor. Foto: Alanicka Lotriet.

Sy het verder verduidelik dat wanneer haar bestaande pasiënte hul apparate opgradeer, hulle die opsie het om hul gebruiktes te skenk. Daarna word dié gebruikte apparate skoongemaak en gediens. Sodra genoeg apparate ingesamel is, word dit aan plaaslike behoeftiges geskenk.

Anzil maak twee maal per week ‘n draai by die tehuis om toestelle skoon te maak of te diens, indien nodig.

Anzil van Jaarsveld help Hester van der Merwe om weer duidelik te hoor. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons is so dankbaar vir haar getroue hulp. Dis goed om te weet dat daar nog mense is wat werklik omgee,” het ontvangsdame Rachel Janse van Vuuren gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button