Editor's choiceMunicipalNews

ANC-burgemeester in Mogale City boikot misdaadberaad

"Burgemeester Lipudi se onbetrokkenheid by die Mogale City-misdaadforum is skokkend."

Dit is skokkend dat die burgemeester van Mogale City, Patric Lipudi, besluit het om ‘n raadsvergadering te hou op dieselfde dag as ‘n wat ‘n misdaadberaad, wat lank tevore beplan is, in die dorp gehou word.

“Lipudi se arrogansie strek verder deurdat hy ‘n soortgelyke inisiatief – die Misdaadbestryding-indaba (Crime Fighting Indaba) – gestig het. Sy onbetrokkenheid by die Mogale City-misdaadforum (MCMF) is skokkend. Die VF Plus glo dat hy nie besef hoe hoog die misdaadsyfer is en die geweldige emosionele impak wat dit op inwoners het nie. Dit is ook jammer dat hy ‘n raadsvergadering wat geskeduleer was vir 23 Augustus op kort kennisgewing na 30 Augustus verskuif het. Dit beteken dat geen raadslid die misdaadberaad kan bywoon nie,” het Tjaart Steenkamp gesê. Hy is ‘n VF Plus-raadslid in Mogale City, wat deel is van die koalisieparty.

Lees ook: ANC takes back Mogale City

“Die inisiatief word ondersteun deur owerhede, en sake- en gemeenskapsorganisasies wat hande vat om die strate van Krugersdorp weer veilig te maak. Die voormalige burgemeester het gereeld met die Forum vergader en hulle werk ondersteun,” het Steenkamp gesê.

Tydens die misdaadberaad op 30 Augustus, onder voorsitterskap van dr Fay Hodza (senior lektor by Monash SA), sal bekendes soos luitenant-generaal Lesetja Mothiba (waarnemende Nasionale Polisiekommissaris), dr Rudolph Zinn (verbonde aan Unisa), dr Johan Burger (senior navorser vir die Instituut vir Sekerheidstudies) en Ian Cameron (hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum) die vergadering toespreek. Meer as 600 afgevaardigdes uit alle sektore word verwag.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op burgemeester Lipudi om met die MCMF saam te werk en so ‘n oplossing te vind om die mense van Krugersdorp en ook die Wes-Rand na ‘n misdaadvrye omgewing te lei.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button