Editor's choiceLocal newsNews

Groot hartseer oor boemelaar se dood

Dit is die tweede inwoner van Tower of Life wat in 'n enkele week oorlede is.

‘n Geliefde boemelaar is gister, 7 September in die sentrale gedeelte van Krugersdorp deur ‘n vragmotor raakgery. Hy is op slag dood.

Charles du Toit, ‘n inwoner van die Tower of Life-sentrum vir haweloses het Marketstraat probeer oorsteek, toe hy deur die vragmotor getref is.

Ooggetuies het vertel dat die vragmotor bo-oor hom gery het en dat hy veelvuldige noodlottige beserings opgedoen het.

Dit is die tweede inwoner van Tower of Life wat binne ‘n enkele week oorlede is.

‘n Man (wie se identiteit aan die News bekend is) is verlede Vrydag, 1 September aan natuurlike oorsake in sy slaap oorlede.

Die Krugersdorpse Polisie was op die toneel om die besonderhede van die ongeluk aan te teken.

Lede van die gemeenskap het hulle meegevoel met Charles se familie op Facebook uitgespreek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button