Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

[OPVOLG] Twee boemelaars sterf binne een week

Hy was vir meer as vier jaar 'n inwoner by die Tower of Life en is die tweede inwoner om binne die tydperk van een week te sterf.

Boemelaars. ‘n Mens sien hulle oral – op straathoeke, by verkeersligte, onder brûe en op sypaadjies. Kom mens dit ooit agter as hulle nie meer daar is nie?

In die geval van plaaslike boemelaar, Charlie du Toit was die hele dorp in rep en roer toe hulle met skok uitgevind het dat dié vriendelike gesig hulle nie weer op die volgende straathoek gaan groet nie.

Trix is op ‘n beter plek. Foto: JC Crafford.

Op Donderdag, 7 September, is dié Tower of Life-inwoner tragies in ‘n fratsongeluk oorlede toe hy in Marketstraat deur ‘n trok getref is. Volgens Melodie van Brakel, direkteur van Tower of Life, was Charlie baie bekend in die dorp omdat hy altyd vriendelik was en graag met almal gesels het. Sy het vertel dat hy die mooiste blou oë en die mooiste glimlag gehad het.

Lees oorspronklike artikel hier: Groot hartseer oor boemelaar se dood

Hy was vir meer as vier jaar ‘n inwoner van die Tower of Life en is die tweede inwoner van dié skuiling wat binne ‘n week dood is. Die ander inwoner, Trix, is Vrydagaand, 1 September weens natuurlike oorsake in sy slaap oorlede.

Melodie het vertel dat Trix stil en nederig was. Gedurende die twee jaar wat hy ‘n inwoner was, het hy altyd baie mooi dankie gesê en was altyd dankbaar.

“Ek is net bly ons kon hulle bystaan in hul tyd van nood. Hier by ons is hulle menswaardig behandel, wat dalk nie altyd die geval op straat is nie.

Dis goed om te weet dat hulle die aand voor hul dood ‘n lekker bord kos gehad het en warm geslaap het,” het sy vertel.

Tower of Life is saam met Melodie hartseer oor die verlies en betuig hul innige meegevoel met beide families.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button