Editor's choiceLocal newsNews

Lekker lag by Suiderlig se kitsch-en-komminfunksie

Kyk gerus na die uitrustings en laat weet ons wie die 'slegste' gelyk het.

NG Suiderlig het onlangs vir Rocco de Villiers, die bekende Suid-Afrikaanse komponis en pianis genooi om by hulle op te tree.

Buiten die feit dat Rocco ‘n fantastiese vertoning gelewer het, was die tema van die geleentheid ook ‘n bron van baie lag en vet pret.

Karin van der Westhuizen saam met Gerda Human en Chari Duvenhage.

Die gaste is gevra om aan te trek volgens die jaar waarin hulle gematrikuleer het. Die jonger garde het nie so sleg gelyk nie, maar die kitsch en kommin van die vorige eras is uitstekend uitgebeeld.

Die gaste het uitgehaal en gewys wat hulle in hul jong dae gedra het – van die knoop-en-doop hippiehemde van die 1960’s tot die sweetpakke en help-my-sterk-lyk hempies van die 80’s.

Die tafels was ook volgens die tema versier en orals het kassette, blommerangskikkings en tot ‘n pop met ‘n polonierok gestaan.

Die tafels is versier met voorwerpe van elke era. Op hierdie tafel was daar tot ‘n pop met ‘n polonierok.

Die gemeente het die geleentheid ‘sommer maar net’ gereël en dit was duidelik ‘n groot sukses.

“Daar was 560 gaste by 40 tafels, en ons is seker die meeste het hulle gate uit geniet,” het Annelie Slabbert, een van die predikantsvroue gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button