Die beste braais wat ons nog gesien het
Laat weet ons watter een is jou gunsteling.
Dis Nasionale Erfenismaand en in plaas van die gewone “hoekom vier ons braaidag” artikel het die News besluit om iets te publiseer wat ‘n bietjie minder konsentrasie verg.
Ons top vyf keuses vir kreatiewe en saamgeflanste braaiers is hier onder gelys. Laat weet ons wat julle daarvan dink deur kommentaar op Facebook te lewer, of stuur vir ons ‘n epos na biancap@caxton.co.za.
Die snaaksste kommentaar sal in ‘n opvolgartikel verskyn. Stuur gerus ook vir ons foto’s van jou saamgeflanste braaiers en vertel ook van jul beste braaistories. Gelukkig Braaidag Krugersdorp!

Ons eerste keuse is ‘n halwe motor wat in die perfekte braaier omskep is. Dit lyk sommer of die manne in styl braai. Dis ‘n unieke idee wat mens met ‘n ou kar kan doen. Die enigste reël vir hierdie skepping is om die remme vas te maak voordat jy begin braai.

Nerds mag ook braai. As daar nou een ding is wat jy in ‘n bleeksiel se werkskamer sal sien, is dit leë rekenaarbokse wat rondstaan. Bleeksiele is gedurig besig om rekenaars te herbou en nou kan hulle ook een as ‘n tydelike braai gebruik vir wanneer die behoefte aan heerlike gebraaide seekos inskop.

Hier is ‘n idee vir daardie winkeltrollies met lendelam wiele. Dit sal tot daardie roosterstrepe op jou braaibroodjies maak so niemand sal weet nie!

Hierdie is die perfekte braaier vir die “ek kan in my slaap braai” man. Ook geskik vir die “sleep sommer daardie ding nader” braaier as jy in die koshuis wil braai. Daar is genoeg plek op die braaier vir vleis vir jou, jou skoonfamilie, hulle familie en ook ‘n paar van die President se familielede. Dit maak ook die perfekte roostermerke op die vleis. Vrywaring: Pasop dat jou braaibroodjies nie deurval nie.

‘n Beter koelerboks/ braaikombinasie as dié het jy nog nooit gesien nie. Die perfekte grootte vir ‘n paartjie of vir ‘n student. Die 20 liter bak kan byna 30 biere vat en daar is nog plek vir ys ook. ‘n Normale ronde rooster kan daarop geplaas word. Dit gee jou ook ‘n idee van hoeveel vleis gebraai gaan word, of hoe die vleis gaan proe as jy weer vir Oom Frik wat te vinnig gekettie raak, vra om te braai.

Hoe dit lyk as mans rondom ‘n vuur sit en gesels.

Die rede hoekom jy nie jou seun/ dogter wat op universiteit is vra om by die huis te braai nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
