Die petrolprys gaan môre 4 Oktober met 25 en 29 sent per liter vir onderskeidelik 93- en 95-oktaan styg terwyl dieselverbruikers 42 sent per liter meer moet opdok.
Dit laat mens wonder of dié verhoging enigiets te doen het met die R5,8 miljard waarmee die regering in die rooi is vir die kontroversiële e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
Daar is tevore berig dat die brandstofheffing in die 2012–13-regeringsbegroting van R38 miljard tot R43 miljard verhoog is. Die algemene brandstofheffing het sedertdien met ongeveer 0,6 persent gestyg, terwyl die prys van Brent-ruolie ook oor die afgelope vyf jaar aansienlik gestyg het. Daar was egter tussen September en Oktober vanjaar ‘n daling in die prys per vaatjie Brent-ruolie en dit laat mens wonder waarom die plaaslike prys weer gestyg het.
In 2012 het die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordhan besorgde belastingbetalers gerusgestel dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en ander owerhede die koste van die hele e-tolstelsel gaan dra.
Die aanlyn-nuusagentskap Huffington Post het in Augustus vanjaar berig dat daar in Junie vanjaar slegs R2,2 miljard van die R20 miljard terugbetaal is aan die Australiese onderneming wat die projek behartig het. Die Sweedse onderneming en Q-Free wat die e-tolskyfies en rekeninge aan padgebruikers gelewer het, is R550 miljoen betaal. Dit beteken dat Sanral nog meer as R1,97 miljard skuld.
Lees ook: Petrol price is set to increase this September
Alhoewel die Automobiel Assosiasie (AA) die brandstofverhoging aan die internasionale olieprys en die swakker rand toeskryf, en sê dat dit ‘n onvermydelike jaareindproses is, wonder die belastingbetaler steeds hoe die regering die hope e-tolskuld gaan betaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
