Editor's choiceLocal newsNews

Ouetehuis spog met hul glansryke groen vingers

Hulle het ongeveer 30 Aalwyn- en Amirilla plante onderskeidelik onder die betroubare leiding van die ouetehuis se eie ywerige tuiniers en inwoners - Gert Grobler en Hennie Els geplant.

Op Dinsdag, 26 September was die gange van SAVF (Suid-Afrikaanse Vrouefederasie) Môreglans Ouetehuis gevul met die soet reuk van blomme, roomys en nuwe lewe toe hulle nasionale Boomplantmaand op ‘n hoë noot afgesluit het.

Na die suksesvolle, heerlike Lentedagvieringe het bestuurder San-Mari Ferreira met die idee vorendag gekom om ‘n soortgelyke geleentheid vir Boomplantmaand, September, te hou.

Gert Grobler, Amelia Hattingh en San-Mari Ferreira doen hul deel vir Boomplantmaand. Foto: Alanicka Lotriet.

Dié dag het talle Môreglans-inwoners hand bygesit en gehelp tuinmaak. Hulle het ongeveer 30 aalwyne en amarillabolle onder die betroubare leiding van die ouetehuis se eie ywerige tuiniers en inwoners, Gert Grobler en Hennie Els geplant. Die vorige week het hulle plante en struike in hul voortuin geplant.

Die inwoners het toe die lieflike dag met heerlike hamburgers, skyfies, en natuurlik roomys afgesluit.

San-Mari het gesê dat hulle dié geleentheid graag elke jaar sal wil vier aangesien daar ‘n groot aantal ‘groen vingers’ in die tehuis is.

Gert Grobler en Amelia Hattingh doen hul deel vir Boomplantmaand. Foto: Alanicka Lotriet.

“Al staan die jaar reeds einde se kant toe, is dit nog nie die einde van ons glans nie. Ons voer nog ‘n paar goedjies in die mou voor die nuwe jaar aanbreek,” het sy ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button